Search

Naak en Naby -Deel 2

Vreeslike versorging Wat sit agter ons vrees vir intimiteit? Waar kom die vrese vandaan en waarvoor is ons dan eintlik bang? Ek wil weer probeer om dinge so eenvoudig as moontlik uit een te sit sonder om weg te neem van die kompleksiteit van die kwessie. Daarom gaan ons raak aan die rol van ons versorging as kinders en die effek wat dit op ons persepsie van intimiteit kan hê. Oorbetrokke ouers Vrees om ingesluk te word Jou vrees vir intimiteit kan gedryf word deur 'n vrees dat jy jou outonomie sal verloor as jy jou partner te naby laat kom. Dat die verhouding jou versmoor sal laat voel. Dat jou partner se behoeftes en bepalings (net soos jou ouers sin) swaarder sal weeg as jou eie. Dat jy

Naak en Naby - Deel 1

Romantiese liefde en vrees vir intimiteit So, Valentynsdag is weer verby en die vraag bly steeds: Wat gebeur die maand na Valentynsdag? Maar daar is ander miskien meer dringende vrae wat hiermee verband hou: Is ek bang om naby aan my partner te wees? Hoekom? Wat kan ek doen om die vrees aan te spreek? Hoe kan ons met mekaar oor hierdie vrese praat? Hierdie is groot en komplekse vrae en ek wil graag oor die voglende paar weke aandag gee aan die tema. So kom ons verken verder... Eerstens wil ek romanse en intimiteit definieër as: 'n vreeslose fisiese en emosionele nabyheid aan 'n ander persoon. Dit is in 'n sekere sin oorvereenvoudig, maar vir die doel van hierdie gesprek heeltemal voldoende

Vasbeslote of hardkoppig

Versagtende ingesteldheid Daar is in elke verhouding sekere sake of gedrag wat nou maar net die slegste in ons uitbring. 'n Sekere stemtoon, optrede wat herhaal, tipiese dinge wat jou partner doen. Soms sien jy dat dit oppad is om te gebeur en jy maak jouself al reg om jou top te blaas sodra...BOOOOM! Van die dinge wat jou partner doen wat jou so erg ontstel het meer met jou hardkoppigheid te doen as met jou partner se gedrag. Jy het 'n hardkoppige siening oor 'n saak en niks en niemand sal jou anders kan oortuig nie. Alhoewel dit goed is om oortuigings te hê wat deel uitmaak van jou paradigma kan dit ook skadelik wees vir jou verhouding en keer op keer 'n potensiële nader-aan-mekaar-bring-o