Search

Feestyd Familie Vete

Hoekom kom familie nie reg nie Dit is vandag 'n maand terug kersfees gewees. 'n Tyd vir lekker eet en lekker kuier saam met jou familie. Lag en speel en jubel en so. Tog is dit vir soveel mense glad nie die realiteit nie. Dis eerder 'n tyd van die kners van tande en toets van geduld. Of 'n tyd van groot verligting en opnuut ontdekte vryheid as ons om een of ander rede die groot saamtrek kan mis. Tog te gereeld is dit 'n tyd van groot familie fights. Of almal nou saam is of nie. Lang Whatsapps en lelike voice notes. SUG!... en epos! Sulke laaaaanges. Hoekom? Wat maak dat ons so kan vassit met die mense wat ons eintlik so lank ken? Wat is dit van familie wat die slegste dele in ons soos 'n doo