Search

Beperk jou perke

Die beperkings wat jy op jouself, jou partner en julle verhouding sit het die geneigdheid om waar te word. "Ek kan nie ........ nie." "Jy sal nooit ....... nie." "Ons sal altyd sukkel om ....." Ek is seker jy het jou eie sinnetjies van beperkings. Die punt is dat ons dan bewyse vir hierdie negatiewe dinge sal soek... en ons sal dit vind. As ek vir jou sê 'n stoel het 5 gebruike sal jy dalk wonder wat dit alles kan wees. Sit op dit, staan op dit, hou die deur toe as die boewe buite is, en ???? Wat is die ander twee? Maar as ek vir jou sê:"Dink aan 50 gebruike vir 'n stoel." Dan gaan jy baie meer kreatief raak en verby die tipiese perke gaan wat jou brein outomaties stel wanneer jy 'n s