Search

Wie saak maak... en hoekom?

Ons almal word beïnvloed deur wat ander mense dink. Nie net wat hulle van ons of ons verhouding dink nie, maar ook net die besluite wat hulle maak op grond van hoe hulle oor die lewe dink. Daar is drie maniere om hierdie idee te benader (waar is jy?): 1. Ek gee te veel om wat ander mense dink Dit beteken gewoonlik ek het 'n eksterne lokus van beheer. Byna enige persoon wat my pad kruis kan my dag maak of breek. Ek heg onbewustelik dieselfde waarde aan wat 'n vreemdeling vir my sê as wat my partner sê. Ek voel nie dat ek 'n invloed op ander of omstandighede kan uitoefen nie. My verstek posisie is een van ander gelukkig probeer hou of maak dat hulle van my hou. 2. Ek gee te min om wat ande

Hier is ek - Hier om te bly

As jy die eerste deel van hierdie nuusbrief gemis het lees: Hier is ek - waar is jy? Die week kyk ons na maniere om meer teenwoordig te wees (en te bly) in jou belangrikste verhoudings. Om jou verhouding te verlaat in slegte tye is 'n baie natuurlike en algemene ding om te doen. Tog is ons ook nie altyd teenwoordig in goeie tye nie. Ons het gekyk na van die maniere en geraak aan van die redes agter ons verdwyning. Hier is 'n paar maniere wat jou moontlik kan help om ten volle daar in die spasie saam met jou partner te wees. Slegte tye: Daag op met leë hande As jou partner of julle verhouding deur 'n moeilike tyd gaan of swaar trek is dit selde jou raad en advies wat die verskil maak. V

Hier is ek...waar is jy?

Daar is soveel dinge wat maak dat ons nie teenwoordig is in ons verhoudings nie. Sommige maniere is maklik om raak te sien en ander is so subtiel dat jy self nie eers weet dat jy nou iewers anders is nie. Hier is 'n paar algemene voorbeelde: Jy is in gedagte - of dit nou werk is wat jou pla of iets is waarna jy uitsien, jou gedagtes kan jou vinnig wegvoer en maak dat jy nie teenwoordig is nie. Jy is bang - soms is jy bang om raakgesien te word of vir intieme konneksie en ander kere het dit te doen met moeilike onderwerpe of die vrees dat dinge net weer dieselfde gaan wees. Jou fokus is op jou vrese en jy is nie daar nie. Jy gee voor - dit gebeur gewoonlik vroeg in verhoudings, maar gebeu

Wired for connection

Hierdie is 'n kunsstuk van vanjaar se Burning man festival. Ek weet nie wat dit genoem is nie, maar "Wired for connection" het by my opgekom. Ek het niks meer om by te voeg nie - vat vyf minute en kyk net...

Sien my raak - Die teengif vir perfeksie

Laas week het ons geraak aan Die prys van perfeksie. Dat dit gewoonlik 'n poging is om nie sigbaar te wees nie. Die week wil ek graag 'n paar idees deel wat die versoeking tot oordadige selfstandigheid ("ek het niemand nodig nie") help oorkom. Ek onderstreep ook weer dat dit gaan oor die dapperheid om kwesbaar te kan wees. Elkeen van ons moet volkome kan voel op ons eie, maar ook kan intap en waardeer wat ons kan bereik en wees as deel van 'n span. Hier is drie sinne wat jou kan help om meer kwesbaar te wees en ter selfde tyd meer van jouself vir jou maat te wys. Onthou dat dit steeds scary gaan wees, maar hierdie is praktiese maniere om in jou dapperheid te groei. Begin klein en bou dit gel