Search

Sien my raak - Die prys van perfeksie

Om perfek te wil wees of om voor te gee dat jy perfek is kos 'n verhouding baie. Op die ou end is daar net een rede hoekom soveel van ons dit probeer doen. Dit is vrees. Spesifiek vrees vir sigbaarheid. Om regtig gesien te word met jou vrese en foute en meer nog vir jou skoonheid en jou mooi. Dit wat jou uniek en besonders maak. Ja, om toe te laat dat iemand jou werklik en volkome sien is scary. Dit is ironies dat ons sal wegskram van sigbaarheid deur selfs ons mooi dele uit die kollig te hou. Komplimente word met 'n laggie afgemaak en kritiek word met 'n vergrootglas ondersoek. Een ding is vir my duidelik: Perfeksie is onsigbaarheid. Perfeksie maak jou blind en doof EN dors vir liefde. Di

Spesiale spasie

Om plek te maak Ons almal hou 'n spesiale plek vir ons spesiale mens in ons harte. Die aard van hierdie spasie word deur ons gevoelens vir ons partner bepaal. Onthou jy hoeveel plek jy gemaak het toe jy smoor verlief was? Daar was nie eintlik plek vir ander mense nie en net-net plek vir slaap. (Nota: Moenie bekommerd wees as dit nie so vir julle was nie. Dit werk soms anders.) Ons almal se partners doen dinge wat ons pla en frustreer. En dit het 'n effek op ons emosies. Hoe meer negatief die emosies hoe minder word die plek in die spesiale spasie. Dit kan ernstige skade aan 'n persoon doen en maak dat dit wat eers mooi en opwindend was, nou stukkend en oninteressant word. Meeste van ons was

Lief genoeg

Genoeg liefde Omdat liefde nie iets is wat jy kan gee of ontvang nie (al dink ons so daaroor), is dit moeilik om te meet (al meet ons graag). Dit is nie 'n ding nie, dit is 'n doen. Dit is 'n werkwoord. As ek jou sou vra hoeveel werk is genoeg om 'n muur te verf sal jy wil weet hoe groot die muur is, hoeveel lae verf ek wil hê, die kleur, ens. Op die ou end gaan die werk eers klaar wees as die muur klaar geverf is. Dan het jy genoeg aan die muur gewerk. So, as liefde dan werk is, hoeveel liefde is genoeg liefde? En wanneer weet jy of jy lief genoeg is? Jy weet jy het iemand WERKlik lief wanneer JOU liefde JOU verander. Iemand wat altyd honger was vir meer word iemand wat soveel mooi gee...Li