Search

Droom oor

Wat jy wens en wat jy wil Onthou jy hoe baie jy aan die begin oor julle verhouding gedagdroom het? Onthou jy hoe opgewonde jy geraak het oor wat die toekoms alles vir julle inhou? Besef jy dat wat toe die toekoms was is nou die hede? Leef julle die drome wat julle gehad het? Een rede hoekom meeste van ons nie ons drome leef nie is - ons drome is net wense. Dinge wat ons maar hoop gebeur so van self. Ons drome word nooit doelwitte wat ons met die wilskrag van liefde kan bereik nie. Net wense wat die wind van die lewe kom wegwaai. Nog 'n rede is dat ons nie ons drome aanpas nie. Ek is oortuig dat hierdie die grootste enkele rede is. Jou drome vir jou verhouding was gebou op wie jy toe was,

Liefde vir Foute - Redakteur en Redaktrise

Ons skryf ons lewensstories met potlood. Die liefde van ons geliefdes is die uitveër van ons foute. Geliefdes sluit ons ouers, familie en vriende in. Nie blind daarvoor of stom daaroor nie, maar aanvaardend van ons totale wese. Sodat ons maar net kan wees. Nie foutloos nie, maar vreesloos. Ons weet dat ons partners nie daar is om ons leemtes te vul en foute te fix nie. Maar... met liefde in ons lewens kan ons ons lewensverhaal met vertroue in die grys van potlood skryf. Nie reg of verkeerd nie - nie swart of wit nie - net veilig in die wete dat die mees kritiese leser ook ons grootste ondersteuner is. Soms voel dit of jy in donker, dik, permanente pen skryf. Onthou dan: net omdat jy nie

Pyn se plek

Pyn in hierdie lewe is noodwendig. Nie een van ons kan dit vryspring nie. Dit is ons bekendste reisgenoot deur die lewe. Wie in hierdie lewe het nog nie verwerping, eensaamheid of verlatenheid beleef nie? Wie ken nie teleurstelling of vernedering nie? Ons weet dat pyn deel is van die lewe. Dit keer ons natuurlik nie om dit te probeer vryspring nie en tog te gereeld veroorsaak ons pogings net meer pyn vir onsself en vir ander. Pyn is ook noodsaaklik. Pyn is ons gids. Wanneer dit kom by negatiewe pyn (bloeipyn) is dit pyn wat vir ons laat weet dat iets fout is. Dat ons moet stop en aandag gee daaraan. Dit is die pyn wat ons voel wanneer ons iemand naby aan ons aan die dood afstaan of as ‘n