Search

Lewe voor dood

Die Grafsteensangers se hardste treffer is: Perspektief (nie beskikbaar op itunes). Min dinge gee perspektief soos lewe en dood. Dit laat jou dadelik besef wat regtig vir jou belangrik is. Die geboorte van 'n baba...die dood van 'n ouer. Dit is díe dinge wat ons wys waar ons fokus moet wees - watter rigting ons behoort te kyk. Al die nonsens wat ons aandag en energie verteer (sonder dat ons iets daarvoor kan wys) vervaag en skuif ver die agtergrond in. As jou oë weer aangepas het en jou fokus terug is op wat regtig vir jou saak maak, sal jy sien - voor jou staan daar mense. Jou mense. Jou mens. Kyk, luister, praat. Ruik, raak, proe. Die lewe is kort en kosbaar. Hierdie mag dalk na baie

Die wysheid van konflik

Ontgin die goud in julle gestryery Konflik is inligting. Dit is nie iets om te vermy nie. Dit is nie 'n teken van 'n ongesonde verhouding nie. Dit beteken nie dat julle nie lief is vir mekaar nie. Dit is inligting oor julle diepste begeertes en grootste wense. Soms is jy self nie eers bewus van wat die konflik in jou verhouding vir jou oor jouself probeer leer nie. Konflik is 'n skat - dit is goud. Die vraag is: Ontgin julle dit? Of herhaal julle dieselfde geveg weer en weer? Hier is van die gereedskap wat julle mag nodig hê: Nuuskierigheid: Hoekom het ons hierdie geveg oor en oor? Onthou die antwoord is nie: "My partner wil nie regkom nie!". Eers as julle dié vraag kan antwoord kan julle