Search

Leemtes vul en foute fix

Spieëls en spanners Jou partner is nie daar om 'n leemte in jou lewe te vul nie - maar kan wel 'n rol speel om jou te help om jou potensiaal te vervul. Hoe? Wel, deur eerstens nie te probeer om leemtes in jou lewe te vul nie - om jou nie te probeer fix nie. Dit sit die verantwoordelikheid terug in jou hande. Dit gee jou 'n spieël eerder as 'n spanner. Jou partner kan jou nie fix nie. En..EN..jy...jy kan nie jou partner fix nie. (Meer oor potensiaal leef 'n volgende keer) In verhoudings speel ons verskeie rolle vir mekaar. Die belangrikste en nodigste een is die rol van 'n spieël. Om jou te help om jouself beter te sien. Dit help nie om 'n spieël te kritiseer of te blameer vir wat dit vir

Die ideale omstandighede vir jou verhouding

Probeer die volgende sinne voltooi: My verhouding floreer wanneer... Dink aan tye wat dit regtig goed gegaan het met julle en daar diep tevredenheid en konneksie was. My verhouding stagneer wanneer... Dink aan die kere wanneer jou verhouding net oorleef van dag tot dag. Wanneer dit afgeskeep word of as 'n gegewe hanteer word. My verhouding gaan agteruit wanneer... Wanneer voel jy dat julle uitmekaar dryf of mekaar verwyt en vermy? Om ernstig oor hierdie drie sinne te dink en eerlik te wees gaan jou help om beter keuse vir jou verhouding te maak. Om doelbewus die dinge te doen wat jou verhouding help om die beste te wees wat dit kan wees. Jy het beheer oor die omstandighede wat jy

Wil jy reg of gelukkig wees?

Het jy al gevoel hoe leeg dit jou los as jy 'n argument met jou partner wen? As jy reg is. Dit gaan gewoonlik oor logiese afleidings en rasionele redenasies. Een van julle sal ook gewoonlik beter daarmee wees as die ander. Daar is kere wat dit nodig is om logies en rasioneel te wees wanneer ons in konflik is, maar meeste van die tyd los dit niks op wanneer die 'feite' op die tafel is nie. Dit kan selfs die situasies vererger en meer spasie tussen julle skep. In 'n verhouding is die wen-en-verloor-, reg-en-verkeerd-benadering net 'n las op die konneksie tussen julle. Maak nie saak wie wen nie, die verhouding verloor altyd. Die enigste pad uit hierdie doolhof is die opregte poging om jou pa