Search

Ware respek

Om altyd reg te wees...om klaar te luister Wees deeglik bewus van wat jy sê wanneer jy jou partner in die rede val. Buiten dit wat jy letterlik sê wanneer jy die onderbreking pleeg - wat dalk baie belangrik mag wees - is daar 'n string ander boodskappe wat jy ook stuur. Die implikasies van jou onderbreking vir jou partner: Dit is nie noodwendig bedoeling nie, maar dit is minagtend. "Wat ek wil sê is so belangriker dat ek nie hoef te luister na die nonsens wat jy praat nie." "Jy is so ver verkeerd dat ek jou nie gaan toelaat om klaar te praat nie." "Wat jy sê gaan nie 'n punt hê nie." "Dit is nie vir my die moeite werd om te ontdek hoekom jy ontsteld is nie." Jy kan seker nog tien ne