Search

Die onverwagte geskenk

Perfekte onvolmaaktheid Die perfekte verhouding is die een wat onvolmaaktheid sien as 'n geleentheid en 'n uitnodiging. Daar is minstens vier onvolmaakte dele aan 'n volmaakte verhouding. Dit is die mate waarin hierdie tekortkominge aangegryp word as geleenthede wat die verhouding gesonder en meer volmaak maak vir die twee van julle. Ek gee voobeelde van die groeigeleenthede opgesluit in elke imperfeksie. 1. Jou partner is nie perfek nie - Dit is gewoonlik die een onvolmaaktheid wat ons eerste besef. Dit nooi jou om te groei in begrip en vergifnis. Dit is gewoonlik juis die plekke waar jy die meeste frustrasie beleef wat die meeste groei nodig het – aangesien jou frustrasies meer oor jou gaa

Beskerm jou verhouding

Perke en grense Julle verhouding is julle verhouding. Dit is julle werk om dit gesond en veilig te hou. Soms beteken dit dat julle ander, doelbewus, uit julle spasie moet hou. Die kwalitiet van die raad wat ander vir julle gee, word geensins verbeter deur hoe goed hulle bedoeling is nie. Goed-bedoelde raad is nie dieselfde as goeie raad nie. Dit is dikwels die wat dink dat hulle die naaste aan julle is wat met die grootste vrymoedigheid en die beste intensies die aakligste, mees onwelkome raad gaan gee. Dit word sommer net inmeng genoem. Om perke en grense te stel vir die wat inmeng met ongevraagde raad en opinies is 'n moet vir 'n gesonde verhouding met jou partner. Selfs al ontstel dit

Hou'iteg

Die regte ding en die egte ding In verhoudings is die versoeking dikwels daar om die regte ding te probeer doen. Dit het gewoonlik nie die gewensde effek nie. Of dit werk vir 'n rukkie en dan bom dit heeltemal uit. Wat ek met 'regte ding' bedoel is - wanneer ons iets sê ef doen omdat ons dink dit sal ons partner se gevoelens spaar. Of ons dink dat hulle meer van ons sal hou as ons eerder sus of so is. Of ons doen dit uit vrees vir hoe ons dink hulle gaan reageer - om konflik te vermy. Dit is normaal om te doen in die verliefde fase van ons verhouding, maar wanneer 'n verhouding verby net maanskyn en rose gegroei het (ja, gegroei het) dan raak dit 'n bedreiging vir die vehouding. Iewers m

"Ek waardeer jou."

Wat maak dat ons dit so maklik afskeep Elkeen van ons het 'n behoefte om waardeer te word. Om te weet iemand sien raak wat jy doen - en soms ook die verrassing oor presies wat dit is wat raakgesien word. Dit lyk vir my of daar twee groot redes is waarom ons so vinnig vergeet om ons partner te waardeer. Ons neem aan Ons raak ongelukkig baie vinnig gewoond aan die positiewe en mooi dinge. Soveel so dat ons dit as normaal aanvaar en gevolglik vergeet om dit te waardeer. Dit raak net "hoe dinge moet wees" en nie meer iets besonders nie. Dit maak dat daar eerder teleurstelling en frustrasie is as dit nie meer daar is nie. Ons verwag meer en meer Daar is natuurlik nie fout daarmee om verwagtinge