Search

Die Maand na Valentynsdag

Maak liefde soos Cupido Dit is een ding om iets spesiaal te doen op Valentynsdag wanneer die hele wêreld om jou gerat is om jou te help onthou en idees gee van wat om te doen. Maar wat van die maand daarna? As Cupido se blomme verlep het en sy sjokolade verorber is - al 70 000 kalorieë daarvan? Hoekom is Valentynsdag in elk geval so 'n groot ding? Restaurante is vol geboek, blomme is skaars en sjokolade...nee, daar is darem altyd sjokolade...sjokolade en sokkies. My teorie hieroor is dat Valentynsdag so 'n groot sukses is omdat dit so amptelik is. Dit is nie net 'n herhinnering om meer romanties te wees nie, dit is amper soos toestemming. Asof ons dan voel ons mag ietsie spesiaals en ander