top of page

Die Maand na Valentynsdag


Maak liefde soos Cupido

Dit is een ding om iets spesiaal te doen op Valentynsdag wanneer die hele wêreld om jou gerat is om jou te help onthou en idees gee van wat om te doen. Maar wat van die maand daarna? As Cupido se blomme verlep het en sy sjokolade verorber is - al 70 000 kalorieë daarvan? Hoekom is Valentynsdag in elk geval so 'n groot ding? Restaurante is vol geboek, blomme is skaars en sjokolade...nee, daar is darem altyd sjokolade...sjokolade en sokkies. My teorie hieroor is dat Valentynsdag so 'n groot sukses is omdat dit so amptelik is. Dit is nie net 'n herhinnering om meer romanties te wees nie, dit is amper soos toestemming. Asof ons dan voel ons mag ietsie spesiaals en anders doen. Asof ons die groen lig kry vir romanse...

So, hoe maak mens romantiese liefde deel van ons lewens en nie net 'n eenmalig gebeurtenis nie? Eers 'n waarskuwing: Dit is nie moontlik om elke dag so te leef nie! Romatiese liefde is immers net een tipe liefde in 'n verhouding. Ek wil tog 'n paar gedagtes deel wat kan help dat romanse darem nie net een maal 'n jaar kom nie.

  • Maak dit amptelik

Maak julle eie romantiese aand vas. Of dit elke week of elke tweede week is maak nie saak nie. Dit gaan nie hier oor kwantiteit nie, en dit gaan ook nie eers oor kwaliteit nie - dit gaan eerder oor konstantheid. As dit op 'n gereelde ritme gebeur sal die hoeveelheid outomaties toeneem en hoe meer kere dit gebeur hoe beter sal die kwalitiet daarvan word. Vir eers moet dit net op 'n bepaalde tyd gebeur. Mense onderskat die krag van 'n bietjie struktuur wanneer dit my romanse kom. Al wat so 'n vaste amptelike afspraak doen is dit beskerm die tyd vir 'n romantiese aandjie saam.

  • Maak dit eenvoudig

Toe ek en my vrou begin het om ons twee-weeklikse afsprake te hou het ons vinnig besef dat die versoeking daar is om elke keer iets meer besonders en beter as die vorige keer te doen. Wat beteken daar is druk om iets te reël wat die aand spesiaal gaan maak en dan te wonder of dit goed genoeg is. Ons het besluit dat die fokus nie die spesifieke event is nie, maar eerder om saam te wees. Dit is wat dit spesiaal maak. Of dit nou Jordan of Spur is, 'n DVD of ballet.

  • Maak dit 'julle'

Dit is julle aand en daarom is dit belangrik dat julle doen wat vir julle romanties en spesiaal is. Nie almal is kerslig-ete-mense nie. Of dit stap is en of dit 'n kombers en wyn op die strand is en of dit kaarte speel is. Die punt is dat julle op 'n romantiese manier connect. Onthou jy hoe elke liewe ding wat julle aan die begin saam gedoen het romanties was? Solank jou Liefde daar is, het jy alles om dit romanties te maak. Doen dit wat julle pas op julle manier.

  • Maak dit anders

Hiermee bedoel ek bloot anders as die allerdaagse. Veral in terme van die inhoud van die gesprekke. Hierdie is nie tyd om admin sake te hanteer nie. Hier word struktuur weer die bewaarder van romanse. As jy grense bepaal van waaroor daar gepraat mag word keer dit dat julle verval in die normale vloei van kommunikasie. Dit gaan nie noodwendig dadelik maklik wees nie, maar met 'n bietjie oefening raak dit beter.

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page